Onafhanklike kragprodusente aangemoedig

Deel op

Private belegging in hernubare energie het R193 miljard bereik, het die minister van Energie aangekondig.

Die name van 13 bykomende voorkeurbieërs in die hernubare energieverkrygingsprogram wat onafhanklike kragprodusente aanmoedig om krag te voorsien, is bekendgemaak.

Tina Joemat-Pettersson sê die program se bod Venster 4 sal ‘n bykomende 1084MW van elektrisiteit voorsien aan die nasionale netwerk. Sy het bygevoeg dat die departement van energie 92 hernubare energie-projekte goedgekeur het so ver, en dat die openbare-private vennootskappe in hernubare energie gelei het tot ‘n ekstra 6327MW van kapasiteit sedert 2011.
 
Sy het gesê dat R19.1 miljard is ook bewillig vir sosio-ekonomiese ontwikkeling, wat bestee sal word oor die 20 jaar wat die projekte sal duur, sowel as R6 miljard vir die ondernemingsontwikkelingsinisiatiewe wat sal bydra tot ekonomiese groei, werkskepping, energie-sekuriteit en die toenemende opwekking van skoon elektrisiteit.
 
Regering het sy verbintenis tot hernubare energie-oplossings herbevestig, en die gebruik van onafhanklike kragprodusente sal werkskepping stimuleer, terwyl groen elektrisiteit meer bekostigbaar sal word, het die departement gesê.

Die leiers van die G7 groep van nywerheidslande het intussen aangedui dat hulle beplan om die gebruik van fossielbrandstof in die huidige eeu te beëindig in ‘n poging om klimaatsverandering teen te werk.

Die leiers het in ‘n gesamentlike verklaring aan die einde van hulle spitsberaad in Duitsland gesê steenkoolverbruik moet in die mediumtermyn verminder word.

Hulle sê ook koolstofdioksieduitsette moet teen die middel van die eeu met tussen 40 en 70 persent globaal afneem.

Armer lande, veral in Afrika moet volgens die G7 bygestaan word om skoon tegnologie te ontwikkel en om by klimaatsverandering aan te pas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.