Vermeende plaasmoordenaars was eers werkers

Deel op

Die twee vermeende swart moordenaars, Frank Itumeleng (22) en Ben Thabo (19), wat teregstaan vir die moord op ‘n 64-jarige boer van Kuruman, Christo Kruger, het Maandag vlugtig in die landdroshof op Kuruman verskyn.

Kruger is op 28 Mei in sy plaashuis se agterdeur, omstreeks 20:00 doodgeskiet.

Hy en sy vrou, Vera, was alleen in die huis tydens die voorval.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die saak is uitgestel tot 15 Junie vir verdere ondersoek.

Hy sê die verdagtes het voorheen vir Kruger gewerk, maar nie ten tye van die voorval nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.