Twee swart mans is in hegtenis geneem in verband met die moord van ‘n 64-jarige boer van Kuruman in die Noord-Kaap.
Christo Kruger is in koele bloede vermoor op sy plaas Byron op 28 Mei vandeesjaar. Niks is tydens die aanval gesteel nie.
Kruger is deur die swart aanvallers in die bors geskiet deur die geslote sekuriteitshek van sy huis.
Kruger en sy 55-jarige vrou, Vera, was alleen by hul huis. Sy was fisies ongedeerd tydens die voorval.
Noord-Kaapse polisiewoordvoerder Sergio Kock sê die twee is Saterdagnag in die Bankara-lokasie gevang.
Die een is 19 en ander een 22.
Hulle sal vandag in die landdroshof in Kuruman verskyn.
Sedert die moord op Kruger is agt nuwe aanvalle aangeteken waarin drie mense gedood is.
■ Danie Robertse (43), van Buffelspoort in Noordwes, is steeds in die hospitaal aan nadat hy in sy skouer, linker- en regterbeen geskiet is.
■ In Ladybrand is Bill Clark (45) van die plaas Zuurbult met ‘n mes gesteek.
■ Andries Snyman (59) is in sy huis op ’n hoewe in Rashoop naby Brits met ’n mes doodgesteek.
■ Peter Johnston (56) van ’n suikerrietplaas in die Nyoni-omgewing by Eshowe in KwaZulu-Natal is dood nadat hy in die bors geskiet is. Sy broer Ian (54) is in die gesig geskiet.
■ Gewapende rowers het Erick Meiring (64), ’n plaasbestuurder in die Komatipoort-omgewing, oorval, vasgebind en aangehou.
■ ’n 57-jarige vrou van Bokfontein buite Brits is deur gewapende rowers oorval.
■ Rodger van Parys (71) van ’n plaas tussen Mooinooi en Rustenburg is in ’n kritieke toestand nadat sy aanvallers ’n swaard in sy keel afgedruk het.