Cameron dreig anti-EU ministers

Deel op

Die Britse Eerste Minister, David Cameron staar ‘n rebellie binne sy regerende Konserwatiewe Party in die gesig oor voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie.

Cameron is deur ‘n groep van meer as vyftig parlementslede uitgedaag in ‘n veldtog om die EU te verlaat indien daar nie radikale verandering plaasvind nie.

Die anti-EU ministers het ‘n nuwe groep gestig, by name die Konserwatiewes vir Brittanje.

Cameron het die afvallige ministers gewaarsku om op te hou met die veldtog om die Verenigde Koninkryk uit die Europese Unie te wil kry.

Hy het by die G7-beraad in Beiere, gesê die VK sal nie “neutraal” wees tydens die in-uit referendum-veldtog nie.

Cameron is van plan om Europese leiers te oorreed om tot Brittanje se eise vir hervorming in te stem, voordat hy ‘n referendum oor lidmaatskap sal hou.

“Ons het ‘n duidelike beeld: heronderhandel, en kry ‘n ooreenkoms wat in belang van Brittanje is,” het hy gesê.

En as ‘n waarskuwing het Cameron bygevoeg: “As jy wil deel wees van die Regering, moet jy die siening huldig dat ons besig is met ‘n oefening van heronderhandeling vir ‘n referendum wat sal lei tot ‘n suksesvolle uitkoms.”

Brittanje hoop om ‘n veto-reg oor die EU te kan uitoefen, as ‘n Amerikaanse bondgenoot, maar die kanse daarvoor is besonder skraal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.