Die situasie in Soweto, suid van Johannesburg is weer normaal nadat ‘n groep inwoners van Meadowlands gisteraand op ‘n plundertog gegaan het.
‘n Kitskosrestourant, ‘n drankwinkel en twee kitsbanke is geplunder, het RSG berig.
Die inwoners is ontevrede omdat Eskom die kragtoevoer na die gebied afsny.
Die Gautengse Metropolisie sê die situasie het na normaal teruggekeer, maar hulle monitor steeds die gebied.
Een inwoner, wat as ‘n misdadiger bestempel word, is in hegtenis geneem.