Jeugliga-kongres deur geweld gekenmerk

Deel op

Die eerste dag van die KwaZulu-Natalase ANC-jeugliga in Port Shepstone is gekenmerk deur geweld, ontwrigtings en vertragings.

NUUT!

Die tweedaagse kongres was geskeduleer om gistermiddag om eenuur te begin, maar dit het eers vandag in die vroeë oggendure begin nadat ontevrede lede by die hekke deur die polisie voorgekeer is omdat hulle ontwrigtings veroorsaak het.

Die kongres het twaalf ure laat begin.

Die polisie het ook rubberkoeëls en traanrook gebruik om hulle uiteen te jaag.

Die oproer het uitgebreek toe diegene wat nie geregistreer het nie te laat probeer het om dit te doen. Die verkiesingskonferensie duur voort.

Die liga in die provinsie het intussen gedreig om die EFF kort te vat.

Die pasaangewese voorsitter van die jeugliga, Thami Ngubane het die EFF as politieke kleuters beskryf sonder enige geskiedenis of toekoms. Hy sê die party aap ANC-resolusies na en hou dit dan as hul eie voor.

Hy sê dit is omdat hulle nie vir hulself kan dink nie.

Die vurige nuwe leier het sy teenstander, Sipho Hlomuka in die verkiesing geklop. Die kongres het twaalf ure laat begin.

Twee mense, vermoedelik lede van die Hlomuka-faksie, is met rubberkoeëls geskiet in ‘n onderonsie met die polisie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.