Karel Combrinck: Politieke korrektheid is ‘n slagyster

Deel op

Van al die aanslae teen die moderne mens se gees en doen en denke is die sieklike verskynsel van politieke korrektheid sekerlik een van die verlammendste. Veel is reeds hier op Praag en elders oor hierdie onderwerp gesê, maar dit mag nogtans nut hê om die oorsprong en betekenis van hierdie verderflike kondisioneringsmiddel weer van naderby te beskou.

Een definisie van polities korrek lui dat dit ‘n term is wat gebruik word vir taal, aksies of sienswyses wat trag om geen groep mense te beledig of te ontstel nie. Die probleem is net dat politieke korrektheid daarop bereken is om slegs sekere groepe te beskerm en ons weet almal wie hulle is. Politieke korrektheid diskrimineer dus tussen een groep en ‘n ander , maar dit diskrimineer onder ‘n dekmantel. Dit kan gesien word as ‘n soort intellektuele narkose. Witmense moet wysgemaak word dat hulle aan swartes iets verskuldig is sonder dat hulle agterkom dat hulle aan die neus gelei word.

‘n Ander benaming vir politieke korrektheid is die term “speech codes”. Spraakkodes is ‘n soort kunsmatige taal wat sy ontstaan te danke het onder meer aan die maaksels van die Duits-Amerikaanse filosoof Herbert Marcuse. Dit plaas ‘n belemmering op vryheid van spraak deur die taal wat mense praat, voor te skryf en te sensureer. Trouens beskou die voorstanders van politieke korrektheid vryheid van spraak as “onderdrukkend”, m.a.w. nog ‘n geval van die waarheid andersom. Onderdrukkend is inderdaad politieke korrektheid self – onderdrukkend van rasionaliteit, eerlikheid en gesonde verstand .

Net tusssen hakies, ek sukkel nou al jare om te probeer verstaan wat die bedoeling kan wees met die woord “leerder”. So’n woord bestaan nie in Afrikaans nie. Dis duidelik ‘n politiek korrekte term, maar wat is die sin daarvan ? Dit kan tog nie wees dat die korrekte Afrikaanse woord, leerling, beledigend kan wees teenoor die een of ander groep nie, of hoe ? Ook aan die Engels is getorring : In die plek van “pupils” is dit nou “learners”, of soos ons “Engelssprekende” landgenote dit wil hê, lênas.

Die gebruik van politieke korrektheid gaan ook dikwels gepaard met ‘n stywe dosis absurditeit. Die Franse noem bv ‘n swarte “Un Blak”. Un Blak, a Black, Un nègre, un Noir, wat is die verskil ? Die Franse is óf so intelligent dat hulle die verskil kan verstaan, óf so onnosel dat hulle nie kan sien daar is geen verskil nie, of, meer waarskynlik, so gebreinspoel dat hulle verstand in elk geval in die pyp af is.

Die term “politiek korrekte terminologie” het in algemene gebruik geraak veral sedert die Amerikaanse skrywer Dinash D’Souza dit in die 1990’s begin aanwend het om pogings te beskryf van linksliberale om ‘n multikulturele samelewing op die VSA af te druk. En dit het hulle probeer doen deur taalmisbruik, veral in die media, maar ook deur ‘n knaende gepeuter met die leerplanne van skole en ander ovoedingsinrigtings ten einde hierdie breinspoelingsidioom daar ook gevestig te kry. Opvoedingsinstellings moes ten alle koste omskep word in ideologiese fabrieke en jongmense moes omvorm word tot intellektuele zombies wat breinloos en willoos napraat alles wat die linkses vir hulle voorsê.

Maar die begrip politieke korrektheid het ouer geloofsbriewe as dít, want die werklike oorsprong daarvan gaan terug na die ortodokse kommunistiese partydogma van Lenin en Trotski en Stalin waarvolgens “korrekte” politiek dié was wat kommunistiese dogmas en doelwitte op alle gebiede van die lewe nagestreef het, desnoods ten koste van alle ander waardes soos moraliteit en geregtigheid en ongeag die aantal lewens wat daarvoor opgeoffer moes word.

Die Amerikaanse politikus, joernalis en skrywer, Patrick Buchananan sê in sy boek Death of the West, in 2001: “Political correctness is cultural Marxism, a regime to punish dissent and to stigmatise social heresy, as the Inquisition punished religious heresy. Its trademark is intolerance.” Die volledige titel van Buchanan se boek is : “How dying populations and immigrant invasions imperil our culture and civilization.” (Die “dying populations” synde natuurlik blanke Westerse bevolkings.)

En daar het ons dit, die onverdraagsaamheid van die linkses wat hierdie semantiese gedrogtelikheid, nl. politieke korrektheid, geskep het ten einde hulle selfmoordideologie in ons kele af te druk. Politieke korrektheid is ‘n middel om enige kritiek of teenspraak teen die linkse intellektuele dikatuur te muilband. Alles wat hulle kwytraak, moet klakkeloos nagevolg word en enigiets anders is taboe.

En dan, as ‘n mens ‘n bietjie nadink, is “politiek korrek” natuurlik self ook ‘n politiek korrekte term. Met ander woorde dit dui op woorde en beskrywings wat die werklikheid probeer verdoesel. Dis ‘n eufemisme daarvoor om die waarheid te verdraai of te verwring of heeltemal om te keer, met ander woorde om te lieg. “Transformasie” of “affirmative action” is bv. woorde wat bedoel is om diskriminasie te verbloem, dit wil sê diskriminasie teen witmense. Diskriminasie teen swartmense is natuurlik ondenkbaar. George Orwell het in 1946 geskryf : “Political language (hy kon maar net sowel gesê het, politically correct language) is designed to make lies sound truthful and murder respectable and to give an appearance of solidity to pure wind.” ‘n Eerlike joernalist, van die enkeles wat daar is, sou vandag dieselfde oor Suid-Afrika kon sê.

Soos ons almal weet, draai die hele politiek korrekte gedoente op die een of ander manier rondom rassisme. Daar moet ten alle koste verhoed word dat iets krities omtrent swartmense gesê word, of dat dit lyk asof iets krities gesê word, selfs al is die kritiek waar. Dus, uit vrees om as rassiste gesien te word as hulle swartes kritiseer, of bloot net as hulle op bepaalde feite omtrent swartes wys, sê mense veiligheidshalwe liewer maar niks en as hulle iets sê, dan is dit met behulp van eufemismes. Om te sê swartes is beter in sport as in wiskunde, of dat hulle nie in staat is om op meriete tot mediese skole toegelaat te word nie, of dat hulle nie by magte is om ‘n land soos Suid-Afrika suksesvol te bestuur nie, of dat hulle wêreldwyd meer geneig is as blankes tot misdadigheid, veral misdaad van ‘n gewelddadige aard, sou byvoorbeeld politiek onkorrek wees al is dit miskien die waarheid.

Die ironie is dat as swartes nie onder die valse beskerming van politieke korrrektheid wou voortploeter nie, sou hulle dalk iets konstruktiefs aan hulle eie situasie sou kon doen. Maar instede daarvan verkies hulle om te kerm oor “rassisme” en om die groot vrees van Westerlinge om dalk as “rassiste” beskou te word, lewendig te hou en uit te buit. Want solank die witman oor sy “rassisme” skuldig voel, so lank kan hy gemelk word. Dít, ten spyte daarvan dat die voormalige hoof van de Internasionale Atoomenergie-Agentskap, Mohamed El-Baradei onlangs verklaar het dat swartes nie meer kolonialisme vir hulle swak vertoning kan blameer nie.

Interessant genoeg het die linkses nog nie ‘n politiek korrekte eufemisme vir die woord “rassisme” bedink nie. Hulle sal ook nie, want “rassiste” moet mos so lelik lyk as moontlik! Dus geen eufemisme vir hulle nie! Alles is gelaai teen die witman en die Westerse kultuur. Swartes is martelare en onderdrukte natuurkinders en wittes is fasciste, uitbuiters, rassiste en slawedrywers. Alles deel van die perversie van ‘n dekadente samelewing, spelende en flankerende met sy eie ondergang.

Die oogmerk van politieke korrektheid is om die terme en verwysingsraamwerk van die gesprekvoering voor te skryf en behoudendes en nasionaliste op die verdediging te plaas en op die agtervoet te hou. Dit is skrikwekkend: die mate waartoe die linkse media, akademici en kerklikes reeds daarin geslaag het om ons gedagtes te beheer deur ons woordeskat te manipuleer. En wee hulle wat nie in hul spoor trap nie, want George Orwell se “thought police” staan reg om die Inkwisisie teen hulle in te span.

Ten slotte is politieke korrekteheid maar net nog ‘n tegniek van die linkses en hulle handlangers in die media om mense te bedrieg, ratte voor die oë te draai, te kondisioneer om hulle selfvernietigende doelwitte te bereik. En natuurlik, linkses behou hulle die reg voor om te bepaal wie is “regs”, wie is fasiste, wie is rassiste en wie nie. Net nuttige idiote kan toelaat dat hulle hierdeur mislei word.

Die mensdom as geheel, maar veral behoudendes, patriotte en nasionaliste durf nie toelaat dat die linksliberales hulle in daardie dwangbuis vaswikkel nie. Op die lang duur kan die beskawing nie hand aan hand met die leuen voortbestaan nie. En politieke korrektheid is leuens. ‘n Bietjie oudmodiese Boerewysheid kan al ver gaan om die hele probleem van politiek korrektheid by te lê: Pêredrolle is nie vye nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.