Vyf gewapende plaasaanvallers breek veiligheidshekke oop

Deel op

Twee mans is beseer in ‘n plaasaanval by Rustenburg nadat vyf swartes toegang verkry het tot die woning deur ‘n veiligheidshek.

Die gewapende aanvallers het veiligheidsdeure oopgebreek, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

Een van die huurders is in die bobeen geskiet en die eienaar is ook beseer.

Volgens berigte moes hy ‘n swaard sluk, maar die polisie kon nie bevestig of dit wel gebeur het nie.

Die eienaar se bakkie is steeds soek. Die aanvallers het met gesteelde items in die bakkie gevlug.

Geen van die vermeende aanvallers is nog in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.