Paniek toe bus se remme onklaar raak

Deel op

Negentien mense is Donderdag beseer nadat hulle paniekbevange uit ‘n bewegende bus gespring het aan die Wes-Rand.

Die bus se remstelsel het glo onklaar geraak.

Die beseerdes se beserings wissel van gering tot matig en elf van hulle is in die hospitaal opgeneem.

Die mense is beseer toe ‘n bus se remme na bewering in Christiaan de Wet-weg onklaar geraak het en paniek onder die passasiers veroorsaak het.

Passasiers van die bus het na bewering uitgespring deur die vensters toe hulle besef iets is verkeerd.

Toe ER24 se paramedici op die toneel kom, het hulle 11 pasiënte na die Garden City-hospitaal geneem vir verdere behandeling, terwyl die oorblywende pasiënte deur ander dienste vervoer is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.