Meiringspoort gesluit

Deel op

Dit word uit die Klein Karoo berig dat die Meiringspoort-pad naby Oudtshoorn gesluit is weens oorstromings.

Die provinsiale verkeersdepartement het pas Meiringspoort gesluit by Klaarstroom en De Rust as gevolg van swaar reën.

Motoriste wat na Beaufort-Wes moet gaan word aangeraai om die Willowmore-pad te gebruik.

Die Swartbergpas is steeds oop vir verkeer, maar motoriste word gemaan om nie dié pad te gebruik nie.

Daar kom sedert die begin van die week swaar reën en wind in die streek voor.

Dis nie duidelik hoe lank die betrokke pad gesluit gaan word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.