Die koningin van Afrikaanse liefdesverhale, Ena Murray, is Donderdag in Mosselbaai aan natuurlike oorsake oorlede.
Die 78–jarige Murray is dikwels bestempel as die mees geleesde skrywer in Afrikaans.
OFM-nuus het met een van Murray se kindermaats, Veronica Marais, gesels oor hul grootword dae op Loxton, ook haar geboortedorp.
Marais sê sy onthou Ena as iemand met ‘n yslike verbeelding wat altyd goeie opstelle op skool geskryf het.
Murray se 55 jaar skryfloopbaan het 130 titels ingesluit. Sy is in 2013 deur die ATKV met ’n oorkonde vereer.