Afrikanererfenis beskadig in Burgersdorp

Deel op

‘n Vryheidsoorlog-monument in Burgersdorp in die Oos-Kaap is in die vroeë oggendure met donkergroen verf bemors.

‘n Facebook-foto toon identifiseerbare EFF-lede voor die beskadigde monument.

Polisiewoordvoerder Ursula Roelofse het bevestig dat die monument van twee boerekrygers, wat in 1908 opgerig is, met verf gevandaliseer is.

Dit kom byna twee maande ná ‘n vlaag aanvalle op standbeelde en monumente regoor die land.

Dit is die jongste voorval in ‘n reeks voorvalle van vandalisme in die provinsie. Vroeër is die beeld van Koningin Victoria in Port Elizabeth en die Anglo-Boereoorlog-gedenksteen in Uitenhage ook beskadig.

Die Burgermonument is opgerig ter nagedagtenis aan die slag van Stormberg op 10 Desember 1899 tydens die Tweede Vryheidsoorlog, waarin dorpenaars omgekom het.

Twee van die boere-generaals, Koos Delarey en C.F. Beyers, het die onthulling van die monument in 1908 bygewoon.

Thembinkosi Mawonga, die munisipale bestuurder van dié dorp, het vroeër geweier om ‘n heining om die monument te plaas ten spyte daarvan dat die burgemeester, Ncedo Ngoqu, ingestem het.

In die week van 28 Julie verlede jaar is begin om die monument te omhein, maar toe kom die opdrag dat die werk dadelik gestaak moet word weens onenigheid tussen die burge­meester en die munisipale bestuurdeer.

Die Erfeniswet bepaal in afdelings 27, 29 en 34 dat alle provinsiale erfenisterreine beskerm moet word as dit ouer as 60 jaar is.

Die Burger- en Taalmonumente is 121 jaar oud.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.