Meer as 1200 wêreldleiers, politici en sakelui sal van Donderdag af die 25ste Wêreld Ekonomiese Forum oor Afrika in Kaapstad bywoon.
Die konferensie sal deur verteenwoordigers uit 75 lande bygewoon word.
Vanjaar se konferensie, in die Kaapstadse internasionale konferensiesentrum, sal onder meer immigrasie, die ekonomiese impak van terreur en die ontwikkeling van Afrika se informele ekonomie fokus.
Afgevaardigdes het hul kommer uitgespreek oor die onlangse xenofobiese aanvalle in die land, sowel as nuwe visumregulasies.
Sommige sê hulle oorweeg sakegeleenthede elders in Afrika ondanks die feit dat Suid-Afrika die top sakebestemming op die vasteland is.
Nuwe regulasies is glo ‘n bron van frustrasie.