Mandla Mandela, oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, is gevonnis tot twee jaar tronkstraf of ‘n boete van R10 000.
‘n Vyfde van die boete is vir twee jaar opgeskort.
Die Mthatha-landdroshof het die vonnis dié week opgelê vir ‘n aanklag van aanranding, waaraan hy vroeër skuldig bevind is.
NVG-woordvoerder, Luxolo Tyali, sê Mandela mag teen sy vonnis appelleer.
Sy borgtog is verleng.