Ses wat hulself as polisie voordoen vas

Deel op

Ses mans, wat hulself as polisielede voorgedoen het, sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Viljoenskroon verskyn nadat hulle gister deur lede van die Viljoenskroon-, Bothaville- en Vredefort-polisie in hegtenis geneem is.

Die mans is na ’n hoëspoed jaagtog in besit van polisie-uniforms, ’n vuurwapen en ’n gesteelde voertuig gearresteer.

Daar is ook op ’n groot hoeveelheid kontant beslag gelê.

Volgens Noordwes-polisiewoordvoerder Peter Kareli het ’n voormalige polisiebeampte ’n wenk aan ondersoekers verskaf dat die verdagtes in die gebied is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.