Afrikaanse kerke onttrek aan ANC-vergadering

Deel op

’n Groep voorste Afrikaanse kerke het hulle onttrek aan ’n beplande vergadering met die ANC omdat- wat hulle bestempel- as die morele ineenstorting van die regering ’n sinvolle gesprek onmoontlik maak.

Die NG Kerk, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ) het ’n sterk bewoorde brief aan die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe en ander ANC-leiers gerig waarin hulle veral uitvaar teen die persoonlike verryking van pres. Jacob Zuma.

Die Tussenkerklike Raad, die sambreelliggaam van die drie kerke, sê in die brief die deurslaggewende faktor in sy besluit om te onttrek was die verslag van die minister van polisie, Nathi Nhleko, oor die president se geldelike aanspreeklikheid vir die opknappingswerk aan sy Nkandla-woning.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.