VSA gebruik sterwende FIFA-lid om organisasie by te kom

‘n Voormalige FIFA-lid van die uitvoerende komitee, Chuck Blazer het getuig dat omkoopgeld betrokke was met die stemme van twee Wêreldbeker-gashere, volgens ‘n transkripsie wat Woensdag vrygestel is van sy November 2013-pleidooi.

Dié transkripsie is in die geheim in NY in ‘n federale hofsaal in Brooklyn gemaak.

Die Amerikaanse aanklaers wat korrupsie by FIFA ondersoek, het die transkripsie van die verhoor bekendgemaak wat twee jaar lank geheim gehou is.

Agtien maande gelede het Blazer skuldig gepleit op aanklagte van omkopery terwyl hy in ‘n rolstoel op November 25, 2013, aan die Amerikaanse hof verklaar het dat hy siek is met rektale kanker, diabetes en koronêre hartsiekte. Hy is vrygelaat nadat hy $10 miljoen aan borg betaal het.
 
Hy is steeds in hospitaal in New York het die New York Times berig.

Die toeken van die sokker-wêreldbekertoernooie in Suid-Afrika én Frankryk het met omkopery gepaard gegaan, terwyl die komende twee toernooie in Rusland en Katar ook verdag is.

Blazer het aan ‘n federale regter gesê het dat hy en ander top Fifa-amptenare ingestem het om omkoopgeld te ontvang in ruil vir stemme.

Blazer het tydens die verhoor ingestem om skuldig te pleit op verskeie aanklagte waaronder belastingontduiking, bedrog, geldwassery en boewery.

Hy is nou ‘n sleutelfiguur in die ondersoek, wat reeds daartoe gelei het dat veertien mense aangekla is.

Blazer was tweede in bevel van die CONCACAF-streek, wat Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande insluit.

Katar het intussen bespiegelings verwerp dat hy die reg om die 2022 Wêreldbeker aan te bied weens die ondersoek kan verloor.

Die hoof van die Engelse Sokkervereniging, Greg Dyke sê daar moet weer oor die 2022 toernooi gestem word indien daar bewyse van ongerymdhede gevind word.

Katar se nasionale sokkervereniging sê hy het niks om weg te steek nie, en verwelkom die ondersoek.

Fifa het verlede jaar ‘n interne ondersoek na Katar se suksesvolle bod afgehandel en geen ongerymdhede gekry nie.

Die minister van Sport, Fikile Mbalula, het bewerings ontken dat die Suid-Afrikaanse regering en SAFA betrokke was by enige omkopery in Suid-Afrika se bod vir die 2010 FIFA Wêreldbeker.

Mbalula het op ‘n mediakonferensie in Johannesburg gesê die betaling vir goedgekeurde projekte kom nie neer op omkopery nie.

Hy het klaarblyklik verwys na tien miljoen dollar wat FIFA, na bewering namens Suid-Afrika, aan Jack Warner CONCACAF betaal het.

Volgens berigte was die betaling in ruil vir CONCACAF se steun vir Suid-Afrika se bod. Warner is een van die sleutelfigure in die FIFA-ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.