Namibië in greep van bek-en-klouseer

Deel op

Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) in Namibië het Dinsdag na afloop van ’n vergadering van die verskillende landbou-unies, die direktoraat veeartsenydienste (DVS), die Vleisraad en Meatco gesê bek-en-klouseer sal bekamp word in Namibië.

“Ons sleuteldoelwit is om te keer dat die siekte nie uit die noordelike kommunale gebied na plase suid van die Rooilyn (veterinêre kordonheining) versprei nie. Daarom het ons tydens hierdie vergadering ’n opname gemaak van alles wat nodig is om dit reg te kry,” sê hy.

Uitbrekings kom tans voor in die Ohangwenastreek, die verre noordelike deel van die Oshikotostreek, die noordoostelike deel van die Oshanastreek asook die gedeelte van die Omusatistreek noord van die Oshakati-Ruacana-pad, het die Republikein berig.

Dié uitbreking kan ‘n uiters negatiewe impak op ‘n land se ekonomie tot gevolg kan hê. Die siekte affekteer beeste, varke, skape, bokke en ander herkouers met gesplete hoewe.

Volgens Schneider het die boereverenigings van Outjo, Kamanjab, Tsumeb, Otavi, Grootfontein en Gobabis reeds ingespring en werk sy aan sy met die regering om die siekte te stuit.

Die moontlikheid om die polisie en die weermag te betrek, is ook bespreek.

Schneider sê die Vleisraad koördineer al hierdie aksies namens die vleisbedryf en die belanghebbendes sal elke Donderdag vergader om die vordering te bespreek.

Intussen het John Mutorwa, minister van landbou, water en bosbou, gisteroggend die inentingsprogram van diere teen bek-en-klou van stapel gestuur. Altesaam 500 000 dosisse entstof is reeds beskikbaar en nog word vanaf die Botswana Vaccine Institute verwag.

Die Namibiese regering het reeds miljoene beskikbaar gestel het om die “nasionale krisis”, soos Mutorwa dit beskryf het, te bekamp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.