Petrol, krag duurder

Deel op

Verbruikers word weer hard getref deur die brandstofprys wat om middernag gestyg het.

Petrol kos 47 sent per liter meer en diesel 49 sent per liter.

Die besteebare inkomste van Jan Alleman gaan verder krimp met beplande verhoogde kragtariewe.

Kragtariewe sal na verwagting in Julie styg in ooreenstemming met Eskom se multijarige prysvasstelling.

Indien die energiereguleerder, NERSA sy versoek vir ‘n bykomende twaalf persent verhoging toestaan, sal die tariewe aanstaande maand met sowat 25 persent styg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.