Jagters onderhandel met SAA na skokbesluit

Deel op

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) onderhandel met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) om kliënte se jagtrofeë te vervoer.

Dit volg nadat die SAA in April ’n verbod geplaas het op die vervoer van jagtrofeë van renosters, olifante en leeus nadat die Australiese lugvaartowerheid hom beboet het omdat versteekte ivoor op ’n SAA-vlug gevind is.

Adri Kitshoff, hoofuitvoerendebeampte vir Phasa, het gesê sy is nie bewus van enige bewerings of klagtes teen enige van Phasa se lede nie.

Kitshoff sê sy glo die SAA se embargo is dalk ‘n haastige reaksie op die vooruitsig van moontlike boetes.

Phasa en SAA Cargo het sedertdien ontmoet om die redes vir die verbod te verstaan ​​en probeer om die verbod opgehef te kry.

Kitshoff meen Suid-Afrika se trofeejagbedryf en uitvoer van trofeë word goed gereguleer.

Die lugvaartreus, Emirates, het skokgolwe deur die Suid-Afrikaanse jagbedryf gestuur nadat hulle die tweede groot lugredery geword het om ‘n verbod op die vervoer van wildtrofeë te plaas.

Sarah Dyer, ‘n verteenwoordiger van die Verenigde Koninkryk se CACH (Campaign Against Canned Hunting), sit agter die besluit van Emirates. Dié organisasie was glo self verbaas oor Emirates se positiewe reaksie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.