Honderde vermis na passasierboot in China omslaan

Deel op

‘n Reuse-reddingsoperasie is steeds aan die gang op die Yangtze-rivier in die suide van China waar ‘n passasierskip met meer as 450 mense aan boord tydens ‘n storm omgekantel het.

Honderde word vermis wat op die Eastern Star gereis het, tydens ‘n storm op die rivier omgeslaan het.

Honderde mense is vermoedelik steeds binne die skip vasgekeer in gure weer.

Volgens die amptelike Xinhua-nuusagentskap kon nog net sowat 10 mense gered word.

Die vaartuig het glo geen noodsein uitgestuur voordat dit gesink het nie.

Verskeie mense het glo met die hulp van vissermanne en die polisie daarin geslaag om na die oewer te swem.

‘n Sterk wind en swaar reën bemoeilik pogings om die vasgekeerdes te bereik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.