Malema se setel is veilig na SAID skielik onttrek

Deel op

Julius Malema se setel in die parlement is veilig na SAID, in ‘n onverwagse wending, laat Maandag sy sekwestrasie-aansoek teen Malema laat vaar het.

Die Ekonomiese vryheidsvegters se leier is deur die Inkomstediens laat vervolg.

Die voorlopige sekwestrasiebevel, wat sedert Februarie verlede jaar reeds oor sy kop hang, is ook opgehef nadat die SAID-advokaat Nic Maritz gesê het hulle onttrek.

Geen redes is gegee aan regter Gregory Wright in die Noord-Gautengse Hooggeregshof nie, maar Maritz het gesê dit was nie ‘n “normale sekwestrasie” nie.

Vroeër het die hof verdaag om regsargumente te hoor.

Toe die hof hervat, het Maritz, tot die verbasing van die gepakte gallery, net gesê hy is aangeraai deur sy kliënt (SAID) om die aansoek, asook die voorlopige bevel wat vroeër toegestaan is, te onttrek.

Hy het geen verduideliking gegee nie en die partye het daarna geweier om met die media te praat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.