Slaweskip by Clifton ‘gedenk’

Die jongste hoofstuk van “wit skuld” word in Kaapstad opgevoer waar die “verhaal van slawerny ontvou”.

Die oorblyfsels van ‘n wrak van ‘n slaweskip wat gesink het naby Clifton, die São José-Paquete de-Afrika, was ‘n Portugese skip met swart slawe uit Mosambiek.

Die skip was op pad na Brasilië, met meer as 500 swartes van Mosambiek aan boord toe dit gestrand het in die winter van 1794.

Geskiedkundiges met ‘n ideologiese projek hoop hierdie ontdekking sal meer lig werp op hierdie “donker” verhaal wat hulle aan Suid-Afrika en apartheid wil verbind.

Wetenskaplikes en duikers van Suid-Afrika, die Verenigde State van Amerika, Mosambiek en Brasilië werk al vir die afgelope jaar om ‘n paar van die artefakte uit die wrak te haal.

Dinsdag het duikers met kameras beeldmateriaal verskaf aan eNCA. Dit sal deel vorm van ‘n “gedenkdiens” wat sal plaasvind by regter Albie Sachs se huis in Clifton.

Oorblyfsels van boeie en ander artefakte van die skip sal later in die dag te siene wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.