Rukwinde, reën en sneeu

Deel op

Sterk rukwinde in die Paarl in die Boland het daartoe gelei dat minstens een persoon beseer is, het RSG berig.

‘n Vragmotor het ook by die Hugenotetonnel omgeslaan.

Volgens die nooddienste het die man aan sy huis se dak in Groenheuwel gehang om te verhoed dat dit weg waai. Hy het ernstige snywonde opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.

Die vragmotor by die tonnel lê steeds langs die pad, en een baan in die rigting van Kaapstad word versper.

Die vragmotor sal glo later vandag verwyder word. Die bestuurder is nie beseer nie.

Die verkeersowerheid sê geen vragmotors word in die tonnel toegelaat nie, maar dit is oop vir ander verkeer.

Intussen waarsku die Weerdiens dat die grootste deel van Suid-Afrika teen môre baie koud gaan kry. Sneeu kom reeds voor op die Wes-Kaapse berge.

Sneeu word ook vir Sutherland en Calvinia in die Noord-Kaap voorspel.

Swaar reën kan in dele van die Wes-Kaap voorkom.

Die maksimum temperatuur in Johannesburg kan teen Donderdag slegs 14 grade wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.