R22 miljoen om Eskom se geldprobleme te bekyk

Deel op

Sowat R22 miljoen word begroot vir die ondersoek om Eskom se finansiële probleme te ondersoek, het ANA berig.

Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het vandag gesê die geld sal uit Eskom se eie sak betaal word. Volgens haar sal geld intern geherstruktureer word.

Dit kom na ‘n vraag van die VF Plus in die parlement vandag.

Die multi-nasionale regspraktyk Denton doen die ondersoek, en is volgens Brown aangestel in lyn met die kragvoorsiener se verkrygingsreëls.

Volgens Brown het die firma Denton nie vantevore werk vir Eskom gedoen nie, maar daar is verlede maand berig dat die firma voorheen die kragvoorsien geadviseer het.

Intussen het Eskom en nog een van sy uitvoerende beamptes wat in Maart geskors is, besluit om hul paaie op ‘n vriendskaplike manier te skei.

Besonderhede oor die ooreenkoms tussen Eskom en Dan Marokane, voorheen groephoof van kapitaal, en wat dit die kragvoorsiener uit die sak gaan jaag, is nie bekend gemaak nie.

Marokane is saam met geskorste Eskom-hoof Tshediso Matona, Tsholofelo Moefe en Matshela Koko geskors terwyl ‘n ondersoek van stapel gestuur is om die stand van sake by Eskom te ondersoek.

Eskom het twee weke gelede aangekondig dat hy en Matona se paaie ook skei. Die kragvoorsiener wou nie sê hoeveel rand in die skikkingsooreenkoms betaal is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.