Miljoene verkwis op verlate behuisingsprojek

Deel op

‘n Behuisingsprojek in Batho by Bloemfontein wat vermoedelik miljoene rande gekos het, is nou verlate en die sowat 21 halfgeboude huise is in ‘n vervalle toestand.

Die projek is vermoedelik deur die Vrystaatse department van menslike nedersettings in 2005 begin.

Volgens inwoners het die kontrakteur die perseel verlaat. Diegene op die begunstigdelys is nou steeds waar hulle was voor die projek begin is – sonder ‘n behoorlike dak or hul koppe.

Sover daar vasgestel kon word, was die geboue reeds in 2010 ongeveer dak-hoogte gewees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.