Leeu wat toeris doodbyt nie van kant gemaak

Deel op

Die leeu wat ‘n Amerikaanse toeris in die Leeupark in Johannesburg doodgebyt het, sal nie van kant gemaak word nie.

Die vrou is gistermiddag aangeval toe sy en ‘n manlike metgesel met ‘n motor in die park gery het. Haar venster was oop toe die leeu haar aangeval het.

Die bestuurder van die Leeupark, Scott Simpson, het diereliefhebbers gewaarsku om die reëls na te kom as hulle parke en wildplase besoek.

Simpson sê die leeu sal waarskynlik na ‘n ander park verskuif word. Hy sê hulle het nog ‘n stuk grond met heelwat diere.

Volgens die SABC sal die leeu moontlik daarheen geneem word aangesien daar nie besoekers is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.