WGO spreek kommer uit oor glifosaat

Deel op

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het onlangs bevind dat glifosaat moontlik kanker kan veroorsaak.

Glifosaat is die grootste onkruiddoder in Suid-Afrika. Ten minste 100 produkte bevat dié middel.

Ná die WGO se bevinding het miljoene mense oor ses kontinente, 56 lande en 452 stede weer opgeruk teen die Amerikaanse multinasionale maatskappy Monsanto se produk Roundup.

Glifosate word ook verbind met die dramatiese toename in outisme.

Die landbou-sektor kan miljarde rand verloor indien die onkruiddoder, glifosaat, verbied sou word.

Gerhard Verdoorn, ‘n woordvoerder vir landboupodukte, sê ‘n verbod sal reuse oesverliese tot gevolg hê, asook voedselverliese weens ‘n toename in onkruid.

Volgens Verdoorn is die WGO se bevindings gegrond op “onvolledige data” en ‘n “wanbegrip” van duisende ander studies oor die dekades heen wat nie dieselfde soort risiko kon bewys nie.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het vroeër gesê hulle sal die data en assessering ondersoek om vas te stel of enige regulerende aksie nodig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.