US gooi geld vir Xhosa en Afrikaans

Deel op

Die Universiteit van Stellenbosch gaan ‘n fonds begin om Xhosa as ‘n akademiese taal te ontwikkel, het RSG berig.

Die projek is ‘n inisiatief van die nuwe rektor en Vise-Kanselier, Wim de Villiers. Die fonds sal jaarliks ‘n prys van R150 000 toeken.

Die toekenning is bykomend tot die werk wat reeds gedoen word om Xhosa te bevorder. Die volledige maatstawwe sal oor die volgende paar maande bepaal word.

Die Het Jan Marais Nasionale Fonds, in samewerking met Naspers en die Universiteit Stellenbosch het ‘n nuwe jaarlikse toekenning vir uitnemende akademiese werk in Afrikaans aangekondig.

Die prysgeld sal R500 000 beloop. Die aankondiging is die naweek gedoen by die eeufeesvierings van die fonds.

Die stigter, Jan Marais het meer as 100 jaar gelede sowat 100 000 pond geskenk, wat sedertdien aansienlik gegroei het.

Die voorsitter van die fonds, prof. Andreas van Wyk sê uitstaande werk in enige dissipline kan vir die toekenning benoem word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.