ANC-binnegeveg eis drie in Phillipi-Oos

Deel op

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die dood van drie mans in Phillipi-Oos op die Kaapse Vlakte nie.

Geweld het uitgebreek nadat oproer oor ‘n gebrek aan dienste glo buite beheer geraak het en twee gemeenskappe mekaar die stryd aangesê het.

Die onrus het Woensdag begin en Saterdag in volskaalse geweld tussen inwoners van die Marikana nedersetting en Lower Crossroads ontaard.

Alhoewel die owerhede beweer dat hulle nie weet wie vir die geweld verantwoordelik is nie, sê inwoners dat konflik tussen die ANC en die Ses’Khona People’s Rights Movement tot die geweld gelei het.

Die ANC-jeugliga het Ses’Khona voorheen bygestaan om ontlasting by die Kaapse lughawe te strooi en hulle aangemoedig tot wetteloosheid.

‘n Lid van die burgemeesterkomitee in Kaapstad belas met Veiligheid en Sekuriteit het die graad van verwoesting en skade aan die eiendom as “ongeëwenaard” beskryf nadat hy die gebied besoek het.

Die drie is vroeër in die voortslepende geweld in die gebied doodgeskiet. Hulle is tussen 28 en 32 jaar oud.

Vier mense is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal.’n Woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste sê die vier mense is met verskeie skietwonde in die Grootte Schuur-hospitaal opgeneem.

Nog drie mense in met ligter wonde in die Mitchellsplein distrik-hospitaal opgeneem.

Ses-en-twintig hutte en vyf huise in die gebied is met petrolbomme bestook.

Talle voertuie is beskadig en skade van tussen 18 en 20 miljoen rand is aan infrastruktuur in die gebied aangerig.

Tien mense is intussen in verband met die geweld in hegtenis geneem, en ‘n openbare vergadering tussen die twee gemeenskappe is ook gehou om raakpunte te probeer vind.

Daar is steeds ‘n groot polisieteenwoordigheid in die gebied waar die situasie gespanne is. Geen voorvalle van geweld is oornag aangemeld nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.