ANC geskok dat Noord-Kaapse speaker aan die brand gesteek is

Deel op

Die speaker van die ZF Mgcawu-munisipaliteitsdistrik in die Noord-Kaap, Nomakhaya Mjila, is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat sy na bewering aan die brand gesteek deur haar man.

Die ANC se mediawoordvoerder Naledi Gaosekwe sê hulle is geskok en hartseer oor die voorval.

Noord-Kaapse polisie sê Mjila se man het die huis van ‘n familielid waar sy gebly het in Olifantshoek in die vroeë oggendure van Saterdagoggend binnegedring.
 
Hy het haar na bewering met petrol gegooi en haar aan die brand gesteek. Sy het ernstige beserings opgedoen, terwyl haar dogter en ‘n familielid gesterf het in die brand.
 
Haar man het ook brandwonde opgedoen en is in hegtenis geneem kort ná die voorval. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal en sal van moord, poging tot moord en brandstigting aangekla word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.