Skoppensboer: Soliforum se denksprong tot in Lenin se mousoleum


Skoppensboer se naweek het stil maar gelukkig verloop. Veral was hy in sy noppies dat Oom Clive uiteindelik sy laaste dae in vrede kan slyt, sonder om weer in Pretoria-Sentraal met glasskerwe in die rug aangeval te word deur swartes wat hul matla by die toordokter wil verhoog. Skoppensboer weet: Pretoria-Sentraal staan nou bekend as die “Kgosi Mampuru II Prison”, maar totdat hy uitvind wie dié mamparra was, verkies Skoppensboer die meer neutrale benaming. Saam met Steve, Dan Roodt, Wessel Basson en ander het Skoppensboer al daar voor die Poyntinsgebou betoog en hamer-en-sekelvlae verbrand, dus het hy ook as’t ware in Oom Clive se vrylating belê. Vandaar dus die genoegdoening toe Skoppensboer via Steve Hofmeyr se twiet verneem dat die arme Oom Clive oplaas mediese parool ontvang het. Nogal van ‘n swart regter. ‘n Wit regter sou hom seker nog twintig jaar in die Mamparra-hool wou gehou het. Want verraad is mos deel van ons tydsgees, die fameuse Zeitgeist waarvan ons Duitse vriende praat.

As lojale ondersteuner van die Boikot Naspers-beweging, het Skoppensboer dus gister oudergewoonte nié die Rapport gekoop nie. Vroeg vanoggend skeer hy as roofkyker egter so oor Netwerk24 se aanlyn- sielkundige operasies. Wat beplan Adderjan Basson vandag? Nog ‘n aanval op die Potch-kampus? Maar toe raak Skoppensboer so byna-byna sy oggendboeretroos en beskuit kwyt. Nie omdat moerkoffie se prys weens die ANC-rand nou die dag met 20% gestyg het nie – dit maak mens ook naar – maar weens ‘n ellelange belydenis uit die pen van Gideon du Plessis, Solidariteit se hoofsekretaris.

Blykbaar was Gideon du Plessis by ‘n “nagwaak in Soweto”. Skoppensboer het nuwe insig in die binneste van Soliforum gekry toe Ernst Roets sy organisasie as ‘n “anti-rassistiese projek” op Twitter bestempel het. Regoor die wêreld is daar sulke “anti-rassistiese” organisasies, soos die NAACP in die VSA, SOS Racisme in Frankryk of Rock Against Racism in Brittanje. Gewoonlik rym “anti-rassisties” met “anti-wit”, asook “links”. Trouens, hoe linkser hoe beter. Om teen wit mense te wees, is ná die heengaan van die U.S.S.R. omtrent die enigste vorm van linkse denke wat daar oorbly.

As “anti-rassis” is Ernst Roets, Kallie Kriel en Afriforum daarom links, dit spreek vanself. Niks kon Skoppensboer egter voorberei op die onverdunde Bolsjewisme wat uit Gideon du Plessis se artikel straal nie. Skoppensboer sou wou vra: Watter strategiese voordeel is daar vir Solidariteit om met die kommunis Irvin Jim van Numsa of selfs met Zwelinzima Vavi te heul, behalwe dat dit Adderjan Basson opgewonde maak? Letterlik het Adderjan ‘n hoofartikel in die Wanbeeld daaraan afgestaan, die hoop dat daar ‘n “alliansie” tussen Numsa en Solidariteit kan ontstaan.

Hou ‘n lugsakkie byderhand, want daar kom ‘n paar aanhalings uit Gideon du Plessis se nuutgevonde marxistiese gedagtes. Maar van die os op die jas, so gepraat van “alliansies”, Skoppensboer het nou die dag ‘n voëltjie hoor fluit dat Rapport glo baie bekommerd is oor hul dalende sirkulasie en het daarom besef dat hulle “te vinnig, te links beweeg” het. Daarom was daar glo samesprekinge tussen die redakteur, Waldimar Pelser, en Soliforum, met die plan om die arme bobbejane (Zimbabwane? sien die laaste paragraaf van dié rubriek) wat maandeliks ledegeld vir Soliforum betaal ook te oorreed om darem nog Rapport waarin Marx du Preez en Sonja Loots skryf, te koop. Verdere besonderhede oor dié “strategiese plan” het Skoppensboer nie, maar u en ek kan kennelik verwag om nog verdere artikels deur die “Volksleiers van Lyttelton” in die wêreld se grootste (en enigste) Afrikaanse Sondagkoerant te lees.

Waldimar Pelser se boodskap van “te vinnig te links” was kennelik verlore op Gideon du Plessis, want dié het sommer ‘n gróót denksprong tot by Lenin in sy mousoleum gemaak, tydens en na afloop van sy “nagwaak in Soweto”! Trouens, Du Plessis beskryf dit as ‘n “Damaskus-reis”, sy groot bekering tot Joe Slovo se droom van een, groot nasie waarin almal in gelukkige samesyn verkeer:

“Ná ʼn lang gegroet het ons daar weggery en ek het besef dat ek op ’n Damaskus-reis was. Die ongelooflike sang, die vredeliewendheid en vriendelikheid van almal en die mense wat met ons vertrek buite die hek so vriendelik gewaai het, is ’n ervaring wat jou bybly en jou denke verander.”

Kennelik vat dit nie veel om Afrikaners, veral dié wat op een of ander soustrein is of was, soos FW de Klerk en Roelf Meyer, tot iets te bekeer nie. Een “nagwaak in Soweto” is genoeg. In De Klerk se geval het ‘n paar miljoen dollar seker verder meegehelp. Verder kla Gideon du Plessis steen en been oor al die “kru boodskappe” wat hy seker van betalende lede van Solidariteit ontvang. Die gedagte dat Afrikaners hom en die Nuwe Broederbond op Lyttelton betaal om iets aan hul haglike omstandighede en kwynende toekomskanse te doen, nie om “nagwake in Soweto” saam met swart marxiste by te woon nie, het seker nog nie by hom opgekom nie.

Sekerlik sal Du Plessis dié kommentaar van Skoppensboer ook as ‘n “kru boodskap” ervaar. Tot dusver is Skoppensboer egter heel beskaaf, meer as die skuim-om-die-mond-Soliforum-amptenare wat soos wafferse linkse betogers in Brittanje of die VSA ander Afrikaners as “rassiste” en “regses” beswadder. Ons Nederlandse familie oorkant die water kan nogal kru wees en sekere woorde in Nederlands of Afrikaans het mos ander betekenisse. Soliforum is besig om met die Afrikaner te teel. Vertaal dit maar in Nederlands.

Verder het Skoppensboer op ‘n stadium Nederlandse bure gehad en met die kinders wat so oor en weer speel, het hy dikwels gehoor hoe die buurvrou die jong tienermeisies komplimenteer: “Wat zijn jullie allemaal mooie jonge meiden!” Gelukkig was dit buite hoorafstand van Soliforum se fanatiese anti-rassiste en Soweto-nagwakers, anders het hulle die arme Hollandse vrou vir sewentien jaar in die howe vervolg. (Dis mos hoe lank ‘n Solidariteithofsaak kan neem, veral dié wat hulle verloor. Of dalk tien jaar, soos Renate Barnard s’n.) En sy was nie eens rassisties nie. Trouens, haar swart bediende het haar dit ook laat welgeval.

Afrikaans is, nes Nederlands, ‘n baie ryk taal. Dit geld veral die beskrywing van die “bevolkingsgroepe” in ons land. Hulle sê die Eskimo’s het agt verskillende woorde vir sneeu, wat verskillende tipes benoem, want dis hul alledaagse werklikheid. Een van die wondere van Afrikaans is die hoeveelheid woorde wat daar bestaan om ons land se etniese groepe mee te benoem, waarvan sommige meer neutraal as ander is.

Bydraend tot Gideon du Plessis van Solidariteit se Damaskus-bekering op die Soweto-nagwaak, is sy en sy gesin se ontmoeting met ‘n wese wat hy op ‘n baie kunsmatige (?) manier beskryf. ‘n Mens voel hier aan dat Gideon du Plessis iewers tussen sy Adderjan-Basson-liberalisme en Irvin Jim-bolsjewisme weifel en nou so deurmekaar is dat hy nie meer weet watter woord om te gebruik nie, daarom noem hy haar ‘n “dame” en ‘n “tannie”:

“Op pad na die saal waar ons die inwoners moet toespreek, sit ’n ou dame wat lekkergoed verkoop. Sy is baie teleurgesteld toe ons sê dat ons nie geld by ons het nie en later weer ’n draai sal maak. Sy was so opgewonde toe sy ons sien, want sy het geweet hier is mense wat ’n ietsie kan bekostig. My kinders het later wel vir haar ʼn geldjie gegee. Sy was so dankbaar en het vertel wat sy alles daarmee gaan koop – nie luukshede nie, bloot die dinge wat vir ons alledaags is. My kinders is diep geraak en hulle wil van nou af hul sakgeld vir die tannie gee.”

Gideon du Plessis moenie hier ophou nie. Dis so ontroerend dat sommige Solidariteitlede dalk van ‘n hele toneelstuk in dié trant sal hou, wat by die KKNK opgevoer kan word, daar waar Steve Hofmeyr nou verbied word. Anders as Dürrenmatt se Die besoek van die ou dame, kan dit heet: My besoek aan die ou dame.

Die Solidariteitbeweging roem hom daarop dat hy “baanbrekerswerk” doen. Dis seker so, want hy gee heeltemal ‘n nuwe betekenis aan Afrikaanse woorde en bestee miljoene rande van gewone Afrikaners se geld daarop. Skoppensboer is seker ‘n tradisionalis, want hy weet nie van “dames” wat lekkergoed in Soweto verkoop nie. Volgens die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse taal) beteken “dame”:

“Oorspronklik eretitel vir ‘n vrou uit die adelstand, en sedert die 17de eeu ook in Nederland en in S.A. gebruik vir ‘n volwasse vrou uit die beskaafde stand, veral as sy iemand is met sosiale status en/of verfyndheid van karakter en opgevoede maniere.”

Daar is ‘n paar ander betekenisse van “dame”, onder meer die skaakstuk wat ook ‘n “koningin” genoem word, en wat swart óf wit kan wees, maar uit Du Plessis se paragraaf uit sy “nagwaak in Soweto” kan Skoppensboer nêrens enige aanduidings van “sosiale status en/of verfyndheid van karakter en opgevoede maniere” raaksien nie.

Wat verder baie duidelik uit dié paragraaf spreek, is dat Gideon du Plessis, juis die “dame” se poging in die lekkergoedmark by voorbaat op ‘n Sowjetagtige manier wil fnuik. Om lekkergoed te verkoop, is nie ‘n goeie idee nie. Nee, sy moet sommer geld ontváng, van Du Plessis se kinders nogal wat hul sakgeld aan haar gaan “skenk”. Maar Du Plessis het in sy lewe nog geen produk probeer maak of verkoop nie en “ontvang” self geld van die sosialistiese arbeidstelsel wat die ANC en sy kommunistiese bondgenoot hier ingestel het. Dis dié dat hy so tuis in die geselskap van Irvin Jim en Zwelinzima Vavia voel en minder tuis by sukkelende middelklas-Afrikaners, want hulle “ontvang” niks nie. Hulle is net, soos Skoppensboer ook, helaas, onderhewig aan die goeie ou “wet van Transvaal”.

Die kersie op die koek – en dis voorwaar ‘n rooi kersie, nie ‘n groene nie – is dat Solidariteit ‘n voormalige “Umkhonto we Sizwe-soldaat” in diens het. Nee, liewe leser, Skoppensboer se verbeelding hardloop nie met hom weg nie. Dit staan daar swart op wit in Naspers se Sondag-Prawda, andersins as Rapport bekend:

“Ek het vroeër vir Sello Maeta, Solidariteit se werkvloerverteenwoordiger by ʼn bekende vervaardiger van myntoerusting, laat weet van my voorneme om die geleentheid (in Soweto) by te woon.

Sello se lewensverhaal is boeiend. Hy was in die 1980’s ’n Umkhonto we Sizwe-soldaat, maar ná 1994 het hy al hoe meer begin belang stel in die “georganiseerdheid” van Afrikanerinstellings en ons drang na opleiding. In 2000 het Sello besluit die enigste manier om Afrikaners te leer ken en te verstaan, was om by Solidariteit aan te sluit. Só het hy uiteindelik ’n Solidariteit-werkvloerverteenwoordiger geword en verkies hy dat ons slegs Afrikaans met mekaar praat.”

Dis vir Skoppensboer te wonderlik dat Solidariteit so Afrikaans met die oud-MK’s praat, maar dit sou baie meer beteken as hulle sou begin om hul hofstukke vir dekade lange hofsake in Afrikaans by die howe te begin indien. Tans funksioneer dié “Afrikaanse minderheidsvakbond” mos in Engels as dit by hofsake kom. Of is hulle dalk bang Afrikaans sterf heeltemal uit voor die hofsaak klaar is, dan verstaan nie eens hul eie advokate dit teen die tyd dat die finale uitspraak gelewer word nie?

Soos ons reeds gesien het, is dit egter ‘n baie snaakse Afrikaans wat die Soliforum-manne praat. Elke lid van die vroulike geslag is ‘n “dame” of ‘n “tannie”. Winnie Mandela seker ook? So pas verneem Skoppensboer in die TV-onderhoud met Martin Bosma dat mevrou (of is dit Madame?) Mandela ‘n eredoktorsgraad van ‘n Nederlandse universiteit ontvang het,  dus moet ons haar seker as “doktor” aanspreek. Of dalk “u hoogheid”, wie weet? Gelukkig was Winnie seker al oud en vet genoeg toe sy by die Universiteit van Utrecht haar doktorsgraad in ontvangs moes neem, dat geen Kaaskop haar vir ‘n “jonge meid” kon aansien nie. Dit sou darem ‘n moles afgegee het, doer ver in Nederland. Gelukkig is Afriforum, asook Kallie Kriel en Ernst Roets daar om mense hof toe te sleep wat dalk te veel Nederlands in Suid-Afrika begin praat.

Of vir Gideon du Plessis “kru boodskappe” op sy selfoon stuur, die arme man. Die res van ons word vermoor, beroof en verkrag, dus is kru boodskappe die minste van ons probleme. Maar Gideon skryf in Naspers se Sondag-Prawda:

“Nadat die nuus van ons deelname (aan die Soweto-nagwaak) bekend word, stroom die kru boodskappe op ons sosialemediaplatform in van diegene wat ons besoek sterk afkeur – soveel so dat ek op pad Soweto toe my foon afskakel net om afstand te kry van al die ontstellende boodskappe wat deurkom. Die standaard-beskuldiging is dat Solidariteit nie bereid was om saam met Sunette Bridges op Kerkplein teen monumentskending te betoog nie, maar bereid is om Soweto toe te foeter om met swart mense te gaan heul.”

Ai, kru boodskappe. En dít as jy op pad is om die verfynde, swierige dames van Soweto by ‘n “nagwaak” te gaan ontmoet. Die Franse adellike dames uit vervloë eeue soos Madame de Staël of Madame Sévigné het mos sulke “salons” gehad waar hulle soirées aangebied het met kamermusiek, poësievoorlesings en filsofiese gesprekke. Skoppensboer kan verstaan dat dit Gideon du Plessis ‘n “wrang smaak” in die mond gee, onderweg na ‘n Sowetose soirée. Dis al moeilik genoeg om van die onbeskaafde Pretoria waar al die “boerse, brandewyndrinkende, boerewors-etende” (om nou ‘n sekere rugby-administrateur aan te haal) lyfeienes woon wat pligsgetrou hul belastings, water en ligte, verkeersboetes en Soliforum-debietorders betaal, te moet vertrek na die adellike Soweto waar dinge met meer swier en minder betalings geskied nie, nè?

Skoppensboer drink nie eintlik brandewyn nie, maar is vir seker erg boers en boerewors-etend. Dus verstaan hy nie veel van die Bantoe-adel van Soweto waarmee Solidariteit hom bemoei nie. Behalwe dat hulle, soos die Europese adel ‘n lang tyd gelede, ook net geld van ons, hul lyfeienes, “ontvang”, en dus eintlik vir niks hoef te betaal nie. In goeie Afrikaans – nie Soliforumafrikaans nie – word so ‘n persoon ‘n “rentenier” genoem, iemand wat van sy rente lewe.

Terloops noem Gideon du Plessis dat hy “al self in (Vavi se) ­herehuis in Sandton” was, wat ons onder die indruk moet bring dat die vakbondmense in die ANC/SAKP se Volksrepubliek ‘n weeldelewe ver verwyder van ons gewone sterflinge voer.

Skoppensboer is net dankbaar bly dat hy al so deur die Nuwe Suid-Afrika verarm is dat hy nie geld het om soos al die ander boerewors-eters tot Soliforum se nagwake in Soweto en ander polities korrekte kaskenades kan bydra nie.

In Johannesburg was die liberale Engelse tannies mos almal destyds lid van die Black Sash en het gereeld nagwake vir Soweto gehou. Dis van te veel nagwake vir Soweto en eredoktorsgrade vir ‘n moordenares soos Winnie dat die land in sy huidige Zimbabwaanse – hier praat Skoppensboer al weer Nederlands, maar daar is iets poëties aan “Zimbabwaans” – toestand verkeer.


Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Götterdammerung

    Ek het hoeka gister op Twitter gese dat die Sondag dagblaaie die onderkant van die joernalistieke modderpoel besigtig, die dat hulle enige janrap en sy maat met ‘n intellektuele winderigheid se gekrabbel sal publiseer – nie as slegs ‘n opinie stuk of volslae en openlike propaganda nie – maar as heiligs kennis

    In ander nuus verneem ek dat die oorblyfsels van die grys mannetjies met die grys pakkies en grys skoen van die verraderlike Broederbond – of soos hulle hulself deesdae noem, die Afrikanerbond, nieteenstaande dat ‘n honde landmyn nog steeds ‘n honde landmyn is by enige ander naam – openlik en al vanaf 2011 erken dat Afrisolimorsmytyd is een van hulle sfere van invloed (of polities korrek gestel een van hulle ad hoc groepies).

    Nou wonder mens, met die aktiewe ondergrawing en blatante veraad van die Broederbond – of honde landmyn naam van Afrikanerbond – hoe hierdie mense so blatant ‘n perdedrol as turksvy probeer verkoop.Eenvoudige sosiopatie is my teorie maar ek mag verkeerd wees, dit mag baie erger wees as egosentriese gewetenloosheid

  • Rooikop

    Soliforum – net nog ‘n belasting vir hulle lede – nog ‘n stel (ver)leiers wat vir hulle eie sakke en sake veg met andere se geld

  • Arnieann

    Soliforum, net soos Raport, begin nou die Afrikaner Weerstands knyptang aan hulle gaie te voel. Ongelukkig is daar met Politieke Korrektheid geen manier om die vergrype teen die Volk te keer nie.
    FW de Klerk het op “bedekte” wyse wel gesê dat ons nou in verset moet gaan. Presies wat daar gedoen moet word in hierdie verset aksie is nog ‘n geheim. Ek glo nie hy het ‘n plan nie, en laat dit maar oor aan die “Boer maak ‘n plan” gesegde.
    de Klerk en Soliforum se skielikke krissis berade en vergaderings is wel ‘n boodskap dat hulle bekommerd raak. Dit wil voorkom asof hulle hulle kleurblindheid oorkom het, en nou ook sien dat die rooi ligte erg flikker.

  • jan

    Laat ek hard probeer om na ‘n ander hoek / perspektief te soek.
    Vereers is enige aksie beter as niks. So ek gun Soliform hul foute en flaters en flatus maar behou tog net momentum asseblief. Die tirannie van die status quo MOET eenvoudig gebreek word – daarna sal die verandering plaasvind na die beskikbare opsies toe op grond van die markkragte.. { Milton Friedman]
    Laat enigiets die status quo asseblief verbreek maar dan moet ons gereed wees met ons verskillende mark opsies.
    Ons het kleine Orania en Kleinfontein wat maar net die kweek bodem of bewaar area reservaat ast’ware mag wees maar ek voel dat die Virtuele Volkstaat die enigste ander opsie is – ‘n noodsaaklikheid.
    Vraag is of ons markgereed sal wees met ons ‘Volksproduk’ nadat ons eie Berlynse muur geval het?
    is Praag gereed?

    • G

      Watter momentum is dit nou? Die een van ‘kru taal’? Al momentum wat die Soli-broeders kan volg is stroom-af saam met die kommuniste. Lekker vinnig. Probleem is dat daar zero strategiese voordeel in hulle nuwe saam-swem plan is.

      • jan

        Ag Ja G ek moet ook maar my kommer twyfel uitspreek – maar laat ons hoop en bid vir ‘n aangename verassing.
        Vraag is wat Mr G en Jan doen behalwe wroeg en weeklaag ?

  • G

    In Soliforum se Afrikaans word ‘n m8 ‘n “dame” genoem en keffer “baas”.

  • Krisjan Lemmer

    “An appeaser is one who feeds a crocodile – hoping it will eat him last.”. Hierdie woorde van Winston Churchill beskryf nog altyd die optrede van liberales die beste. Mense wat weet wat kom en kriewel en krioel in n poging om van die waarheid te ontsnap ie: nagwake in Soweto in die hoop dat jy dalk met n merk gelos sal word wat jou sal vrywaar van n panga teen die kop of n knopkierie teen die kop.