ANC beplan groot aanlyn-ingryping

Deel op

Die Rolprent- en Publikasieraad het bewerings verwerp dat sy konsepbeleid oor aanlynregulering internetgebruik in Suid-Afrika gaan sensureer.

Die Raad sê die voorgestelde regulasies is slegs daarop gemik om te verseker dat kommersiële media nie onwettige materiaal wat pornografie, geweld en haatspraak bevat, publiseer of bevorder nie.

Die Raad se bedryfshoof, Sipho Risiba het in Johannesburg by ‘n openbare sitting oor die voorgestelde regulasies gesê die Raad wil in staat wees om aanlynbeeldmateriaal en -inligting te “klassifiseer”.

Dit sal glo meebring dat die publikasie van “onwettige inhoud verhoed kan word”, maar die voorgestelde keuring van aanlyn-materiaal is kennelik ‘n growwe skending van die grondwetlike reg tot die vryheid van uitdrukking, ten spyte van die ANC se vrome verklarings.

Die voorgestelde klassifikasieproses is eerder daarop gemik om onthullende inligting en internetvryheid te beperk.

Selfoonbeeldmateriaal wat geweld teen wit minderhede uitwys en voorvalle van intimidasie en korrupsie deur ANC-amptenare sal waarskynlik maklik verbied kan word.

Indien die voorgestelde regulasies van krag word, sal bekendmaking van belangrike inligting beperk kan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.