Airbus 330 verloor skielik onverklaarbaar krag

Deel op

‘n Airbus A330-300 van Singapore Airlines met 180 passasiers en 12 bemanningslede aan boord het tydelik die krag van albei sy enjins verloor terwyl dit Saterdag op ‘n vlug van Singapoer na Sjanghai op ‘n hoogte van 39.000 voet deur ‘n storm gevlieg het.

‘n Woordvoerder van die lugdiens sê die vlieëniers het operasionale prosedures gevolg om weer die enjins aan die gang te kry waarna dit veilig in Sjanghai geland het.

Die straler het krag verloor in beide enjins na meer as 3 uur in die lug. Die een enjin het later weer begin werk.

“Die vlieëniers het operasionele prosedures gevolg om normale werking van die tweede enjin te herstel deur die vliegtuig in ‘n beheerde daling te stuur, voordat dit weer kon klim,” luidens die verklaring.

Volgens die Aviation Herald het die vliegtuig op 39.000 voet, 162 myl van Hong Kong se Rolls-Royce Trent 772-enjins opgehou werk.

Die straler het gedaal tot 26.000 voet voor die werking herstel is.

By nadere ondersoek na ‘n veilige landing, het Singapore Airlines gesê geen “onreëlmatighede” kon opgespoor word met die werking van die enjins nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.