Tenderhouer in Limpopo ontplof

Deel op

Die Valke het die ondersoek na ‘n ontploffing by ‘n tenderhouer by die kantore van die Departement van Onderwys in Limpopo oorgeneem, het RSG berig.

Die houer is opgeblaas kort voor die spertyd vir die indiening van tenderdokumente vir die Skoolvoedingsskema verstryk het.

‘n Woordvoerder van die Valke, Hangwani Mulaudzi, sê die ondersoek is nog in ‘n vroeë stadium, maar hulle beskou die voorval in ‘n baie ernstige lig.

Mulaudzi sê die land kan nie bekostig dat staatseiendom vernietig word deur mense met hulle eie politieke agendas nie. Hy sê hy hoop om die skuldiges binnekort vas te trek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.