Inwoners van die lokasie by Delareyville in Noordwes het Donderdag die hoofpad na die dorp met brandende buitebande en ander voorwerpe versper nadat ‘n taxibestuurder twee leerlinge raakgery het.
Hulle beskuldig die taxi-bestuurder van nalatigheid en vra dat die owerheid streng moet optree teen die oortreder.
Een kind verkeer glo in ‘n ernstige toestand.
Die polisie sê nog lede is in die gebied ontplooi om die situasie te monitor.
Lokasie-inwoners by Delareyville het voorheen met die polisie slaags geraak weens ‘n onwettige byeenkoms het Noordwes polisie gesê.
‘n Groep swart DA-lede het na kantore van die munisipaliteit Tswaing opgeruk oor swak dienslewering, het brig Thulani Ngubane gesê.
Hulle het raadslede daarvan beskuldig dat net ANC-lede vakatures vul.
Dit is nie bekend of die DA betrokke is by die jongste onrus nie.