Danny Jordaan stom oor FIFA-aantygings

Deel op

Onthullings dat twee Suid-Afrikaners na bewering die sokkerliggaam FIFA met 120 miljoen rand omgekoop het sodat Suid-Afrika die Wêreldbeker sokkertoernooi in 2010 kon aanbied, het “Madiba-koors” waarskynlik vir goed laat verdamp.

Die kantoor van die Amerikaanse prokureur-generaal sê die twee Suid-Afrikaners het FIFA amptenare omgekoop om stemme vir die 2010-bod te bekom.

Dit blyk dat die swart sokkeradministrateur, Jack Warner, met die FBI saamgewerk het om die name van korrupte amptenare te oorhandig. Warner het die tronk in Trinidad intussen verlaat omdat hy “ongesteld” is.

Hy het gesê dis jammer dat net mense van die Derde Wêreld geteiken word.

Dit is nie bekend wie die twee Suid-Afrikaanse amptenare is nie.

Danny Jordaan, die uitvoerende hoof van SAFA, die Suid-Afrikaanse sokkervereniging, wat nou betrokke was by die bod, is stom oor die onthullings. Hy is intussen verkies tot burgemeester van die Nelson Mandela Metro.

Suid-Afrikaners en die wêreld is vertel dat die land die bod gewen om die Wêreldbekertoernooi aan te bied omdat algar so ‘n bewondering vir Nelson Mandela koester. Toe nie.

Die Suid-Afrikaanse regering het intussen aantygings ontken van reuse bedrae omkoopgeld wat betaal is om 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi vir Suid-Afrika te verseker.

Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het in Kaapstad aan verslaggewers gesê Suid-Afrika het ná die toernooi ‘n skoon ouditverslag van Ernst en Young ontvang.

Hy het gesê daar was nooit enige aanduiding dat enigiets verdags in Suid-Afrika plaasgevind het nie.

Radebe was destyds self lid van die plaaslike reëlingskomitee.

Die ekonoom, Mike Schussler, het aan RSG gesê die opvatting dat die land gesien kan word as een wat bereid is om mense om te koop om dinge gedoen te kry, kan dalk potensiële beleggers bekommerd maak.

Hy sê die Wêreldbeker self het positiewe publisiteit geskep.

Die regering sê hy het 36 miljard rand bestee om die toernooi aan te bied.

Opposisiepartye in Port Elizabeth het ooreengekom om die spesiale metroraadvergadering waarop die Sokkervereniging se president, Danny Jordaan, as nuutverkose burgemeester aangewys word, te boikot.

Jordaan moes kort ná die vergadering Switserland toe vlieg vir “SAFA-sake”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.