ANC hoop om Nkandla dood te praat

Deel op

‘n Veelparty adhoc-komitee in die Parlement sal op die been gebring word om die minister van Polisie se verslag oor Nkandla te bestudeer.

‘n Reusebedrag van die belastingbetaler se geld is aan die privaatwoning van ‘n politieke ampsdraer bestee, maar Zuma word in die verslag kwytgesteld van enige finansiële aanspreeklikheid vir die opgraderings van 246 miljoen rand aan sy huis by Nkandla.

Die minister van Polisie, Nathi Nhleko het die verslag Donderdag bekendgemaak.

Die ANC se kantoor van die hoofsweep sê alle partye het die name van hulle verteenwoordigers op die komitee bekendgemaak.

Die ANC hoop die proses om onregmatige aanwending van staatsfondse dood te praat, sal ‘n uitkoms “bespoedig” volgens die hoofsweep.

Die minister het vroeër gesê die opgraderings wat ‘n swembad, beeskraal, hoenderhok, amfiteater en besoekersentrum insluit, is om “veiligheidsredes” gebou.

In die verslag oor veiligheidsopgraderings by president Jacob Zuma se privaatwoning Nkandla, word gepoog om die uitgawes te verbloem.

Skuld word gepak op swak skakeling met die projekbestuur en die integriteit en geloofwaardigheid van bouspesialiste word as verdag voorgehou.

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het verlede jaar aanbeveel dat Zuma van die geld terugbetaal wat nie verband hou met veiligheidsopgraderings nie.

Opposisiepartye het intussen skerp gereageer op wat hy genoem het die verwerping van die Openbare Beskermer se bevindinge dat die President vir sommige van die opgraderings by sy privaatwoning moet betaal.

Volgens berekenings is Zuma verantwoordelik vir minstens 52 miljoen rand van die koste.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.