Uitspraak oor Derby-Lewis vandag verwag

Deel op

Die Hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting vandag bepaal of die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, ‘n fout gemaak het deur Clive Derby-Lewis se paroolaansoek te weier.

Maandag het Derby-Lewis ‘n aansoek ingedien om Masutha se besluit te hersien.

Derby-Lewis is destyds in hegtenis geneem omdat vals getuienis gelewer is wat beweer het dat hy die vuurwapen verskaf het wat Janus Walus in 1993 gebruik het om die SAKP-leier Chris Hani mee dood te skiet.

Volgens die getuie, ‘n swart bediende, se eie verklaring was dit onmoontlik om te sien van waar sy gestaan het, dat Derby-Lewis ‘n wapen aan Walus oorhandig.

Derby-Lewis is deur sy regspan afgeraai om te getuig oor sy onskuld. Hy is daarna tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Derby-Lewis se huidige regspan steun op die menings van twee spesialiste wat verklaar het dat hy aan Fase 4 kanker ly.

Die Staat verkies om ‘n derde spesialis, die swart dr Mike Sathekge se weergawe te te glo dat Derby-Lewis se kanker alleen tot Fase 3b gevorder het.

Sy prokureur, Roelof du Plessis, het gesê uitgewys dat twee van die drie dokters tekens van Fase 4 kanker gevind het en kon nie verstaan waarom die derde op die paneel van drie spesialiste, nie dieselfde diagnose gemaak het nie.

Du Plessis sê voorts daar was ‘n uitnodiging aan Hani se weduwee, Limpho, gerig om Derby-Lewis te besoek in die hospitaal vir ‘n verskoning van aangesig-tot-aangesig. Sy het nie die aanbod opgeneem nie.

Du Plessis het ook gesê daar was geen reaksie op ‘n soortgelyke uitnodiging in April nie.

Hani se weduwee hou intussen steeds vol dat die gevangene “geen berou” toon nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.