VSA loods aanval op FIFA oor Rusland

Deel op

Amerikaanse senatore het ‘n oproep gedoen dat FIFA-baas Sepp Blatter moet bedank.

Die VSA probeer om Blatter te ontsetel as die hoof van die sokkerorganisasie weens sy steun vir Rusland om die volgende Sokkerwêreldbekertoernooi aan te bied.

Die Amerikaanse mislukking om kleurrewolusies in Europa, soos in die Oekraïne en nou Macedonië te laat slaag teen Rusland, het vermoedelik tot dié stappe teen die Europese FIFA gelei.

Blatter se ondersteuning van Vladimir Poetin het voorheen hewige kritiek in die Verenigde State van Amerika ontlok.

Die VSA self is nommer 22 op die globale korrupsie-indeks tussen Uruguay en Chili, en speel ‘n baie marginale rol in internasionale sokker.

Tog het hulle die FIFA-aanval geloods en ten minste 10 top-amptenare op aanklagte van korrupsie in hegtenis laat neem ‘n paar dae voor die leierskapsverkiesing.

Ná die arrestasies van sy sewe amptenare in Swede, het FIFA op ‘n perskonferensie laat blyk dat die 2018- en 2022-toernooie steeds gehou sal word in Rusland en Katar.

Die federasie, wat al geruime tyd gebuk gaan onder beskuldigings van korrupsie, het gesê hulle sal ten volle met die ondersoekers saamwerk.

Blatter het vroeër in ‘n verklaring onderneem om korrupte amptenare uit die sport te skop.

Tot dusver het net Europese sokkeradministrateurs gevra dat more se presidentsverkiesing uitgestel moet word. Uefa sê in die lig van die jongste onthullings kan die verkiesing in ‘n klug ontaard.

Dié samewerking om korrupsie uit te roei, sal die VSA se planne om die Wêreldbeker in 2018 in Rusland te kelder, bemoeilik.

Intussen het die Suid-Afrikaanse minister van sport, Fikile Mbalula, gesê hy sal later reageer op bewerings dat Suid-Afrika se bodproses om die 2010 sokkerwêreldbeker aan te bied, ondersoek word.

Dit volg na bewerings dat een van die mense wat in die jongste korrupsie-ondersoek betrek word, Jack Warner, by omkopery in Suid-Afrika se bod betrokke was.

Die Suid-Afrikaanse sokkervereniging, Safa, het vroeër gesê die ondersoek na Suid-Afrika se bodproses is bloot bewerings. ‘n Woordvoerder van Safa, Dominic Chimhavi sê niemand in Suid-Afrika word by die ondersoek betrek nie.

Blatter sal Donderdag sy eerste openbare verskyning maak sedert strafregtelike aanklagte teen veertien voormalige Fifa-amptenare ingedien is.

Die Amerikaanse prokureur-generaal, Loretta Lynch sê korrupte amptenare van die FIFAS-sokkerbeheerliggaam het omkoopgeld tydens die proses geneem en sê 14 senior amptenare en bemarkers is betrokke by sowat twee miljard rand se omkoopgeld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.