SA se dors na alkohol

Deel op

Suid-Afrikaners drink sowat 5-miljard liter alkohol per jaar.

Trouens, alkohol het gesorg dat ‘n voormalige Suid-Afrikaanse maatskappy wat eers aan mynwerkers drank verkoop het, SAB Miller, tot een van die grootste multinasionale bedrywe ter wêreld gegroei het. Die maatskappy is tans in Londen genoteer.

Dié syfers is volgens die mediese navorsingsraad in die staatskoerant gepubliseer en word vandeesweek tydens ‘n openbare debat bespreek.

Die minister van handel en nywerheid Rob Davies, beplan om die wettige ouderdom om drank te gebruik, tot 21-jaar te verhoog.

Maar ontleders meen dié voorstel sal bloot veroorsaak dat drank onwettig aangekoop word.

Deel van die voorstelle van die minister sluit in dat drankwinkels minstens 500-meter van skole, kerke en hospitale geleë moet wees.

Dranklisensies sal ook nie meer toegestaan word aan vulstasies of plekke naby openbare vervoernetwerke nie. Verder sê plaaslike drankwinkeleienaars dat dié maatreëls kleiner beleggers sal afskrik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.