Eskom staar ‘n tekort van 17 miljoen ton steenkool vir sy kragaanlegte in die gesig, het RSG berig.
Die minister van openbare werke, Lynne Brown sê die tekort word by die Matla-, Tutuka-, Kriel-, Arnot- en Hendrina-kragaanlegte verwag.
Vroeër het Eskom se waarnemende bestuurshoof, Brian Molefe bespiegelings afgemaak dat steenkooltekorte kan voorkom. Molefe het gesê Suid-Afrika het nog bykans 200 jaar se steenkoolvoorraad.
Intussen behoort Eenheid Een van die Koebergkernkragsentrale in die Wes-Kaap teen die einde van die week weer operasioneel te wees.
Eenheid Een het die afgelope drie maande instandhoudingswerk ondergaan.
Dit kan verligting vir die kragnetwerk bring, terwyl Eskom sukkel om aan die vraag te voldoen. ‘n Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe sê Koeberg se Eenheid Twee was deurgaans nog in diens.