Helfte van wêreld kry internettoegang

Deel op

Die Verenigde Nasies beraam dat bykans die helfte van die wêreld se bevolking teen die einde van die jaar toegang tot die internet sal hê, het RSG berig.

Die internasionale telekommunikasie vereniging voorspel dat drie komma twee miljard van die wêreldbevolking van sewe komma twee miljard mense vanjaar nog internettoegang sal hê.

Sowat twee miljard mense is in ontwikkelende lande. Slegs 89 miljoen mense is egter van lande soos Somalië en Nepal.

Volgens die VN verslag sal gebruikers van selfone en ander digitale toerusting ook skerp toeneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.