Oorlogsmisdadiger Blair kry skop onder die sitvlak

Deel op

Die voormalige Britse eerste-minister Tony Blair, wat deesdae vir sy gruwelike menseregskendings en oorlogsmisdade onthou word, het bedank as die spesiale vredesgesant vir die Midde-Ooste.

Sy bedanking kom te midde van Anglo-Amerikaanse pogings om kernsamesprekings met Iran te voltrek tot hulle voordeel.

Behalwe dat Blair se posbeskrywing aangedui het dat hy vrede in die Israelse konflik met die Palestyne sal probeer bewerkstellig vir die agt jaar wat hy as vredesgesant gedien het, was sy ander taak om vyande teen Iran saam te snoer.

Hy het kennelik klaaglik misluk as gesant van die “Kwartet” (waaronder die VSA, Rusland, die EU en VN verstaan word) om vrede te skep.

In sy termyn het Israel ‘n bloedige aanval op Palestynse burgerlikes geloods.

Blair het sy bedanking skriftelik aan die VN se sekretaris-generaal gestuur. Selfs ondersteuners van hom sê Blair het “min impak” op die situasie in die Midde-Ooste gehad.

Blair het nooit om verskoning gevra vir die politieke ramp in Irak nie, waar ISIS vandag oorheers.

Hy het eenvoudig vier jaar later in Jerusalem opgedaag met ‘n span wat honderde miljoene in akkommodasie en lugtariewe verkwis het, en daarin geslaag om absoluut niks in byna ‘n dekade te vermag nie, behalwe chaos.

Dit het hy reggekry deur glo meer as 100 keer na die gebied te reis!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.