Solidariteit verloor na 17 jaar teen Eskom

Deel op

Eskom sal die peperduur regskoste van Solidariteit verhaal nadat die vakbond verloor het in ‘n regsgeding teen die kragvoorsiener wat 17 jaar lank geduur het.

Dit volg na die ontslag van Solidariteit se aansoek om verlof tot appèl in die Grondwethof rakende ‘n saak wat Eskom wou dwing om ‘n mondelinge ooreenkoms van 17 jaar gelede na te kom.

Solidariteit wou Eskom dwing om 34 afgetrede gelisensieerde kernkragoperateurs by die Koeberg-kragstasie ‘n jaarlikse eenmalige nie-pensioendraende uitbetaling gelyk aan dubbel hul basiese salaris te gee.

Solidariteit het aan Sake24 gesê hulle aanvaar die Grondwethofuitspraak, maar as die geleentheid hom voordoen “sal ons nog 17 jaar veg vir hierdie lede”.

Deon Reyneke, hoof van Solidariteit se energie-industrie, het gesê: “soms kry jy nie die resultaat wat jy verdien nie, maar dit beteken nie dat die stryd nie die moeite werd was nie.”

Die hof het gesê die aansoek om verlof tot appèl het “geen vooruitsig van sukses nie”.

Eskom se woordvoerder Khulu Phasiwe het gesê hulle gaan nou die regskoste van Solidariteit verhaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.