Regter sal Vrydag oor Derby-Lewis besluit na staat se absurde argumente

Deel op

Die Staat is blykbaar vasberade om Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool in ‘n groter klug te laat ontaard met hul regspan se argumente wat toenemend neig na die absurde.

Die hooggeregshof in Pretoria sal Vrydag beslis of Clive Derby-Lewis mediese parool kry. Regter Selby Baqwa het Dinsdag gesê hy het tyd nodig om die kwessie te oorweeg.

Derby-Lewis het die hof versoek om self te besluit oor mediese parool en nie die saak na die minister van justisie en korrektiewe dienste terug te verwys nie.

Die minister, Mike Masutha, het Derby-Lewis se aansoek in Februarie afgekeur ten spyte daarvan dat nie minder nie as tien medici van die medieseparool-adviesraad dit aanbeveel het.

Limpho Hani, weduwee van Chris Hani, was oudergewoonte in die hof. Klaarblyklik is haar teenwoordigheid een of ander vorm van “regsbeginsel” wat in Afrika se boendoehowe geld.

Dit is nie duidelik wat Hani se weduwee in terme van normale regspleging met die aansoek uit te waai het nie, behalwe om die aangeleentheid in ‘n groter klug as wat dit reeds is, te laat ontaard.

Die minister het die mediese adviesraad se verslag oor die Derby-Lewis voorheen aan Limpho Hani en die SAKP gestuur, maar nie aan die erg verswakte gevangene self nie. Die minister het eers daarná sy besluit gemaak, wat duidelik wys op die vooroordeel teen Derby-Lewis.

Die minister se regspan beweer Derby-Lewis bewys net “lippediens” en dat sy praatjies van berou “goedkoop” is.

Adv. Graham Bester, wat namens die minister optree, het voorts probeer hare kloof oor die pasiënt se “stadige” vordering wat sy terminale longkanker betref.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.