Fedsas vandag in hof oor Afrikaanse skole

Deel op

Die Federasie van Skoolbeheerliggame, Fedsas, bring vanoggend ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Johannesburg teen die Gautengse onderwysdepartement het RSG berig.

Gauteng se plan is om “parallelmedium-onderrig”, Engels, by verskeie skole in te stel.

Fedsas voer aan dat die LUR, Panyaza Lesufi se plan om 124 enkelmediumskole na dubbelmedium om te skakel, onwettig is.

Lesufi sê die plan is daarop gemik om ‘n oplossing vir oorvol skole in die provinsie te vind.

Dit het onlangs in ‘n uitgelekte dokument aan die lig gekom dat die plan hoofsaaklik Afrikaanse skole betrek.

Fedsas voer aan die plan is strydig met die statutêre regte van skoolbeheerliggame om taal- en toelatingsbeleid by skole te beheer.

Lesufi hou vol dat taal as rookskerm gebruik word om nie-rassigheid te belemmer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.