‘Afrika kan nie meer kolonialisme blameer nie’

Deel op

Die voormalige hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap, Mohamed ElBaradei, sê Afrika kan nie meer die kolonialiste blameer vir sy probleme nie.

Hy het bygevoeg dat die Afrika-Unie ook ’n klaaglike rekord van oplossings vir Afrika-probleme wys.

Netwerk24 berig dat ElBaradei in Pretoria tydens ’n mediagesprek wat deur die Thabo Mbeki-stigting gereël is, gesê het niemand anders nie as die vasteland se leiers moet die skuld kry vir die konflikte wat herhaaldelik opvlam.

Volgens hom het die kontinent die afgelope jaar 65 persent meer aan wapentuig bestee as die vorige jaar en dit dui daarop dat lande hulle eerder gereed maak vir oorlog as vir vrede.

Hy het gesê dis goed om Afrikadag te wil vier, maar daar is nie veel om te vier op die vasteland of in die wêreld nie.

Hy het voorgestel dat sanksies teen Burundi ingestel word om die president te dwing om gehoor te gee aan Westerse eise dat hy nie vir ‘n derde termyn dien nie.

Hy het gesê armoede is ‘n “wapen van massavernietiging”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.