PAP-skeppers besteel by hotelingang

Deel op

Verskeie afgevaardigdes van die Pan-Afrika Parlement is buite hul hotel in Midrand beroof, het die Gautengse polisie gesê.

Hulle is Vrydagaand aangeval terwyl hulle in hul pendelbus oppad van die lughawe hotel toe gereis het, het polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini in ‘n verklaring gesê.

Die polisie is op soek na sekuriteitsbeeldmateriaal om die verdagtes te probeer identifiseer.

Niemand is beseer nie.

Die busbestuurder, Thandazani Mabuza, het aan die uitsaaier eNCA gesê toe hy sy venster oopmaak om ‘n kaart van die sekuriteitswag by die Protea Hotel Midrand se ingang te kry, is hy aangehou.

“Daar was twee mans, met ‘n geweer op my gerig. Hulle het die sleutels vir die motor gevra en toe sê hulle: ‘Waar is die geld? Waar is selfone?’Toe het hulle begin om almal te deursoek in die voertuig.”

Hulle het handbagasie met kontant, selfone, en paspoorte gesteel.

Die afgevaardigdes was van die Kaap Verde, Ethiopië, Ghana, Benin, Mosambiek en die Verenigde Koninkryk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.