Prins vra dat diensplig terugkom

Deel op

Brittanje se prins Harry het versoek dat diensplig weer in dié land ingestel word, het Reuters berig.

Hy sê sy militêre loopbaan het hom en die soldate onder sy bevel gehelp om op die regte pad te bly.

Die 30-jarige Harry, vyfde in die ry vir die Britse kroon, het aan die Britse Sunday Times gesê sy loopbaan van tien jaar in die Britse weermag het “wonderlike dinge” vir hom gedoen.

“Bring diensplig terug. Ek ys as ek dink waar ek sonder die weermag sou wees.

“En nog belangriker, ek het gesien wat dit vir die jong manne beteken.”

Harry se weermagloopbaan eindig in Junie, nadat hy vroeër vanjaar gesê het hy is by ’n kruispad in sy lewe en dat hy meer koninklike take moet hanteer waarvoor hy nie tyd sal hê as hy ook nog in die weermag is nie.

Hy het ook gesê dat hy nie nou enige spesiale vriendin in sy lewe het nie en dat hy tevrede is met sy alleenloper­status.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.